‘Honde’
12 Honde is reeds dood nadat hulle besmette droë hondekos geëet het. Een eienaar het vier honde binne twee dae verloor. Dit blyk ’n mikotoksien, veroorsaak deur ’n fungus wat tot lewerversaking lei, kom in kos van drie minder bekende handelsmerke voor. Dit lei tot aflatoksikose, en dit kan lei tot lewerprobleme, kanker en ’n pynlike dood.
Die siek honde is met geelsug-simptome en bloeding opgeneem by die akademiese hospitaal in Onderstepoort. Die hond sal lusteloos voel, depressief, naar en nie eet nie. Sy tandvleis sal geel wees. Dié kosse is vir toetse gestuur en uiters hoë konsentrasies van aflatoksiene is bespeur.
Volgens veeartse wat nie geïdentifiseer wil word nie, kom die toksiene na bewering in Hi-Pro, Buddies en Legends hondepille voor. Dié vervaardigers is oor die probleem ingelig en gevra om die produkte van die mark te verwyder.
Die meeste gevalle kom in Pretoria, veral die noordelike voorstede, en Johannesburg voor.
As jou hond siek word, gaan dadelik veearts toe en vat sy kos saam sodat dit getoets kan word.
www.beeld.com
2011-04-24

Die Doornpoort Diere Hospitaal spesialiseer in die gesondheid van huis diere soos honde, katte, voëltjies en meer. Die Doornpoort Diere Hospitaal het gekwalifiseerde veeartse en verpleegsters om die beste moonlike sorg aan jou diere te gee.
Kontak besonderhede vir Doornpoort Diere Hospitaal:
Tel: 012 547 1840
Epos: petvet@mweb.co.za
Adres:
512 Airport Rd
Doornpoort
Pretoria
0186

Die Wet Nose Animal Rescue benodig jou Hulp hierdie Kersees. Daar is nie net ‘n tekort aan kos en kombersies nie, die Wet Nose Animal Rescue benodig ook die volgende goed, kan jy dalk help?
- 2x Digitale kameras vir die inspekteurs
- Vang nette en vang pale vir die inspekteurs
- ‘n Veerpyl geweer vir die inspekteurs
- Mikroskoop vir die kliniek
- Honde tande skoonmaak apparaat
- Honde Sleepwae
- Perde Sleepwae (horsebox)
- Trekker
- 2x GPS
- Silos vir die Honde kos
- Plastiese honde hokke
- Groen en rooi dakverf
Vir meer inligting skakel ons gerus by 013 932 3941
